Die Tygerberg Sakekamer is geafilieer by die AHI Wes Kaap wat meer as 40 individueele sakekamers in ons streek verteenwoordig. Die AHI WES KAAP en sy geafilieerde sakekamers verteenwoordig ook meer as ‘n duisend besighede. Die hoofdoel van die Tygerberg Sakekamer is om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede in die groter Tygerberg-area te bevorder. Ons streef daarna om volhoubare voorspoed vir ons lede, belanghebbendes en gemeenskappe in die area te skep deur die Tygerberg-area te vestig as die “gekose besigheidsbestemming in die noordelike voorstede”. Dit kan egter slegs gebeur wanneer besighede in ons area binne ‘n vryemarkstelsel floreer en werksgeleenthede deurlopend geskep word.
Ontmoet die bestuur
Diens Areas
Bellville l Plattekloof l Brackenfell l Kuilsrivier l Goodwood l Parrow